Huisgenoot Junior: Leer en Speel! Bied ’n verskeidenheid bondels wat bestaan uit goed nagevorsde artikels wat jou kinders met hul skoolwerk kan help. Die skoolwerkpakkette bied bykomende studiehulp wat jou kind ook kan help met voorbereiding vir take en mondelinge.

Jy kan kies watter pakkette jy wil koop, waarná jy sal moet registreer en betaal om ’n persoonlike profiel te skep. Jy sal elke keer met jou intekennaam en -wagwoord toegang verkry tot die pakket wat jy gekoop het.

Die pryse van die verskillende pakkette wissel van ’n eenmalige bedrag van R299 tot R499. Jy kan self kies watter pakkette jy wil koop.

Klik op “Teken in”, heel bo aan die blad.
Vul jou e-posadres in en skep ’n wagwoord.
Klik op “Registreer”.
Jy het nou ’n profiel geskep en kan nou die pakket kies wat jy graag wil koop.

Die skoolwerkpakkette is geskik vir leerders van graad 4 tot graad 6. Baie van die onderwerpe wat in die onderskeie grade behandel word, oorvleuel en vul mekaar aan. Leerders kan die inhoud van die skoolwerkpakkette raadpleeg soos wat hulle dit gedurende dié drie skooljare benodig.

Geografie, Geskiedenis en Lewensvaardighede is beskikbaar. Natuurwetenskap en Tegnologie, asook Wiskunde sal binnekort beskikbaar wees. Klik op “Alle Pakkette” om te sien watter skoolwerkpakkette beskikbaar is en wat die inhoud behels.

Wanneer jy registreer en betaal, kry jy ’n intekennaam en -wagwoord wat jou toegang tot jou pakkette gee. Jou intekening sal nie verval nie en jy en jou kind kan so lank neem as wat julle wil om deur die inhoud te werk.

Die skoolwerkpakkette is geskik vir leerders van graad 4 tot 6 en die inhoud is gebaseer op die KABV-kurrikulum. Die pakkette bied in-diepte-inhoud oor baie van die onderwerpe wat in die kurrikulum voorkom en kan gebruik word as ’n bykomende studie- en navorsingsbron vir skoolwerk en -take.

Die artikels en infografika kan nie uitgedruk word nie maar kan op ‘n rekenaar, tablet of selfoon gelees word. 

Nuwe inligting sal voortdurend bygewerk word sodat jou kroos kan aanhou leer.

HET JY ENIGE ANDER VRAE?

VOLTOOI HIERDIE VORM