NUTTIGE OPVOEDKUNDIGE INHOUD

Huisgenoot bied al jare lank leersame inhoud en opvoedkundige vermaak vir kinders van verskeie ouderdomme. Dit help al generasies lank leerders om hul skoolwerk baas te raak en dit beter te verstaan.
Nou is hierdie kurrikulumgebaseerde inhoud beskikbaar op een plek in ‘n gebruikersvriendelike, digitale formaat.

NAGEVORSDE ARTIKELS

Huisgenoot junior: Leer en Speel! Bied ‘n verskeidenheid bondels wat bestaan uit goednagevorsde artikels wat jou kinders met hul skoolwerk kan help. Dit is gegroepeer volgens vakke en onderwerpe en kan jou kind help om klaswerk te verstaan en om huiswerk te doen. Dit kan ook help met mondelinge, take en ander skoolprojekte.

KABV VIR GRAAD 4 TOT GRAAD 6

Die skoolwerkpakkette is geskik vir leerders van graad 4 tot graad 6. Dit bevat artikels wat aangevul is met foto’s, illustrasies, infografika of video’s.
Boonop sal nog nuwe inligting en pakkette voortdurend op die platform bygewerk word sodat jou kroos kan aanhou leer.

KRY DIE VOLLE SKOOLWERK-PAKKET VIR GRAAD 4 TO GRAAD 6 VIR SLEGS R2200

Die pakket bevat al die verskillende vakbondels soos Natuurwetenskappe en Tegnologie, Geskiedenis, Geografie en Lewensvaardighede