DIÉ OU BESKWAING AAN DIE NYLRIVIER IS VERAL BEKEN VIR HULLE INDRUKWEKKENDE BOUKUNS.
Egipte lê in Noord-Afrika teenaan die MiddellandseSee en is die tuiste van een van die oudste beskawings. In die Ou Koninkryk (2686- 2181 v.C.) was Egipte bekend as Kemet en later asKeme,wat“swart grond”beteken.
Die naam is afgelei van die vrugbare, donker landbougrond langs die Nyl waar die eerste nedersettings tot stand gekom het.
In Latyn is die land Aegyptus genoem, wat afgelei is van Hikoeptah, ’n ouer naam vir die stad Memfis, tuiste van die god Ptah. Later het die gebied ook in Arabies as Misr (“land”) bekendgestaan. Diénaamwordvandagsteeds deur Egiptenare vir hul land gebruik.
Antieke Egipte het duisende jare lank as ’n onafhanklikenasiefloreer. Mense het hulle omstreeks 7000 v.C. in die Nylvallei begin vestig. Hulle het vee aangehou en die grond bewerk.

Mettertydhet’nuniekebeskawingtotstand gekom wat sou voortduurtot die Arabiere die land in 642 n.C. verower het. Die Egiptiese kultuurwasdestydsbekendweens groot vooruitgang op elke gebied van menslike kennis: die kunste, wetenskap,tegnologie en godsdiens.
DIE NYL, ‘N LEWENSAAR
Die Nyl vloei deur Egipte enmond uit in ’n groot, vrugbare delta in die Middellandse See waaraan die land in die noorde grens. Die Nyl is sowat 6 700 kmlank en is die langste rivier ter wêreld. Die oorsprong is in Burundi, ’n land ver suid van Egipte.Saammet sy takriviere vloei die Nyl deur nege lande voor dit Egipte bereik.
Dié rivier was en is steeds baie belangrik vir Egipte. Die grootste deel van die land was en is vandag nog ’n woestyn,maar rondom dieNyl is die grond vrugbaar en water volop.
Die Nyl het ’n belangrike rol gespeel in ou Egipte se ontwikkeling en vooruitgang. Die mense het langs die rivier gewerk en geleef, want dit het water, kos, vervoer en vrugbare grond aan die landbousektor verskaf. Hulle het ook met spiese en nette in die Nyl vis gevang om te eet. Die riete in die rivier, wat papirus genoemword, is gebruik ompapier,matte, sandale, mandjies en bote te maak.
Later het hulle houtvaartuie gebou. Bootvaarte op dieNyl en dieMiddellandseSeewas die vinnigste manier om met ander beskawings handelte dryf.
Elke jaar het reën verder suid in Afrika en sneeu wat op die hoë Ethiopiese berge begin smelt het, daartoe gelei dat die Nyl sy oewers oorstroom en die grond langs die rivier onder water was.Dié jaarlikse oorstromings was baie belangrik,want dit het ryk grond en slik wat die rivier van die berggebiede gebring het, op die oewers in Egipte agtergelaat. Daarom was die grond weerskante die Nyl baie vrugbaar.
BOERDERY
Aangesien die Nyl jaarliks vrugbare grond op sy oewer agtergelaat het, was dit nie nodig om die grond met swaar ploeë te bewerk nie.

Die Egiptenare moes net die grond liggies omdolwe en het skoffels ofligte ploeë gebruikwat aan beeste se horings vasgemaak was. Sodra die grond omgedolwe was, het die boere saad gesaai. Hulle het die sade in ’n mandjie omhul nek gedra en agter die beeste ofmense gestap wat die grond omgedolwe het.
Hulle het ook dikwels skape, bokke of varke agternagejaag om die sade dieper die grond in te trap. Die boere het ’n groot verskeidenheid groente en vrugte verbou, soos vye, waatlemoen, granate, komkommers en druiwe. Hulle het ook vlas gekweek waarvan hulle linne vervaardig het.
Die belangrikste gewasse was graansoorte soos koring en gars. Wanneer die koringoes gereed was, het hulle die koring se stingelsmet sekels afgesny.Die vroue en kinders het agter die snyers aangestap om enige afgesnyde are op te tel wat per ongeluk laat val is.
Die gesnyde are is dan op ’n harde oppervlak gestrooi en beeste of donkies het daaroor geloopomsodie koring uitdie are te kry. Dan het hulle die koring in die lug gegooi sodat die wind die ligte kaf kon wegwaai
Koring is gebruikombroodtebak.Ditwas hul stapelvoedsel. Gars is gebruik om bier te brou, wat gewild was omdat vars, skoon water nie altyd beskikbaar was nie. Graan was so belangrik dat dit as geldeenheid gebruik is om goedere te koop. ’n Deel van graanboere se oes is ook as belasting aan die farao (koning) betaal.
DIE FARAO
Die ou Egiptenare se koning het as die farao bekendgestaan. Hy was die landsepolitieke en godsdienstige leier. Hy het al die grond besit en belasting is aan hom betaal. Die Egiptenare het geglo die farao is ’n manifestasie van die god Horus en is as halfmens, halfgod beskou. Die woord “farao” beteken “groot huis”, wat na ’n paleis of koninkryk verwys.

Daar was ook vroulike farao’s wat nie die farao se vrou (die koningin)was nie,maar uit eie reg regeer het. Die bekendste is Cleopatra, die laaste aktiewe farao van ou Egipte. Sy het 21 jaar regeer en was nie netmooi nie; sy was ook ’n intelligente leier en knap politikus.
Cleopatra het alliansies gevorm met en was ook dieminnares van tweemagtigeRomeinse leiers, Julius Caesar en Markus Antonius. Egipte het ná haar dood in 30 v.C. ’n provinsie van Rome geword. Gaan na ancient-egyptonline.com/famous-pharaohs.html om oor ander bekende farao’s te lees.
PIRAMIDES EN DIE SFINKS
Die piramides is gebou om grafkelders vir die farao’s tewees. Die Egiptenare het geglo die farao’s sal in die lewe ná die dood by die gode aansluit. Die eerste piramide, Djoser se Trappiramide, is omstreeks 3000 v.C. gebou. Die grootste en beroemdste piramide, die Groot Piramide, is deur die farao Koefoe by Giza gebou en was oorspronklik 146,6mhoog.
Dit het oor duisende jare sowat 8mkorter geword weens erosie en die dekklip wat weg is. Die Groot Piramide van Giza is die laaste van die sewewonders van die antiekewêreldwat nog bestaan. Vandag is dit aan die buitewyke van die Egiptiese hoofstad, Kaïro, geleë.
Daar is baie teorieë oor hoe die piramides gebou is. Die klipblokke waarmee dit gebou is, weeg elk tussen 2 en 2,5 ton. En die Groot Piramide bestaan uit meer as 2,3 miljoen kalksteenblokke. Dit het baie kundigheid en harde werk gekos om die blokke so netjies op mekaarte pak.
Die antieke Egiptenare het sfinkse (leeulywemetmenskoppe) by die ingange van tempels opgerig om die gebou te beskerm. Die sfinks was ’n simbool van hul verhouding met die oorlogsgodin Sekhmet, wat uitgebeeld is met die lyf van ’n vrou en die kop van ’n leeu.
MUMMIFISERING
DieantiekeEgiptenarehetdiehiernamaals as net nog ’n fase van die lewe beskou. Daarom het die mens wat gesterf het ’n liggaam nodig gehad.Omdie oorskotte bewaarhet hulledielykgemummifiseer. Dié ingewikkelde proses het sowat 70 dae geduur.
Eerstens is die lyk gewas en gereinig. Daarna is dit oopgesny en die hele ingewande buiten die hart uitgehaal. Die brein is weggegooi, maar die lewer, longe,maag en derms is gehou. Die hart is in die liggaamgelos omdat daar geglo is dis die setel van die persoon se karakter en identiteit en is nodig om die oorledene na die hiernamaals te lei. Die lyk is uitgedroog deur dit met natron, ’n natuurlike sout wat in Egipte voorkom, te bedek en op te stop. Natron het al die vog uit die lyk getrek
Ná 40 tot 50 dae isdie natronvulsel verwyder en met linne of saagsels vervang. Die ingewande wat uitgehaal is, is ook gedroog om dit teen verrotting bestand temaak.Dis in begrafnisflesse van keramiek of klip geplaas.
Die uitgedroogde lyk is geolie en het vals oë en ’n pruik gekry. Daarna is die mummie met hars bedek omte voorkomdat swamme daarop groei. Die mummie is met linneverbande toegedraai en met ’n lykkleed bedek. Dis dan in ’n sarkofaag, ’n versierde doodkis van klip, geplaas – reg vir die persoon se reistog na die hiernamaals.
Die mummies is saam metitems soos juweliersware, klere en musiekinstrumente begrawe. Selfs katte en honde is gemummifiseer om hul eienaars in die hiernamaals geselskap te hou.
HIËROGLIEWE
Die skrifstelsel wat van omstreeks 3100 v.C. tot 400 n.C. in Egipte gebruik is word hiërogliewe genoem. Dié skrif het uittekeninge van figure of voorwerpe bestaan wat woorde of klanke voorstel. Daar is logogramme (tekens wat woorde of woorddele voorstel), fonogramme (tekens wat een of meer klanke voorstel) en tekens wat as grammatiese bepalers dien (om ’n groep tekens se betekenis duidelik te maak).
Die ou Egiptenare het hiërogliewe op hul tempels semure,monumente en rolle papirus gebruik. Skribas het die farao se bevele neergeskryf en aantekening gehou van onder meer belasting en oeste.
Hiërogliewe kan van links na regs of van regs na links gelees word. Die Egiptenare het geweet in watter rigting die hiërogliewe gelees moet word na aanleiding van die rigting waarin ’n hiëroglief van ’n mens of dier kyk. As die figuurlinks kyk, begin ’n mens van links lees.
DIE ROSETTASTEEN
Die Rosettasteen was die sleutel wat baie van die geheimenisse van die antieke Egiptiese beskawing ontsluit het.
Nadat die Arabiere Egipte in die sewende eeu verower het, het die vermoë om hiërogliewe te lees verlore gegaan. Deur die daaropvolgende eeue het geleerdes probeer omditte ontsyfer maar hulle het beperkte sukses gehad

Die deurbraak het gekom toe die Rosettasteen in 1799 op die dorp Rosetta, oftewel Rasjid, in Egipte se Nyldelta ontdek is waar FransesoldatevanNapoleon seleërbesigwas om ’n fortte herbou. Die steen was oorspronklik deel van ’n stele – ’n soort antieke kennisgewingbord uit klip – wat uit 196 v.C. dateer.
Drie verskillende skryfwyses verskyndaarop: antiekeGrieks en twee vorme van Egipties (hiërogliewe en demotiese skrif).
Omdat dieselfde teks in drie weergawes weergegeeis,kondieFransmanJean-François Champolliondie skrifin 1822 ontsyfer.Daarna kon geleerdes uitpluis wat op die mure van piramides en grafkelders geskryf staan.
GODE EN GODINNE
Die ou Egiptenare hettempels vir hul meer as 2 000 gode gebou en hulle daar aanbid.Die gode en godinne is gewoonlik met die liggaam van ’n mens en die kop van ’n dier uitgebeeld.Komons kyk na ’n paar van die belangrikste gode.
Ra was die songod.Hy ismet die kop van ’n valk voorgestel,maardieEgiptenare het geglo hy neem verskillende vorms aan en hy het verskillende name gehad. Daar is geglo hy word elke oggendwanneer die son in die ooste opkom gebore en sterf elke aand wanneer dit in die weste sak. Gedurende die dag het hy in ’n strydwa deur die lug gereis, en snags deur die onderwêreld.
Noet was die godin van die lug. Haar liggaamis altydvol sterrevoorgestel,gebukkend oor die aarde om dit te beskerm. Sy was getroudmetGeb, die god van die aarde, en hul kinders was die woestyngod, Set, die godin van gesondheid, Isis, die god van die onderwêreld, Osiris, en die godin van die nag, Neftis. Wanneer donderweer gerammel het, hetmense gesê dis Geb watlag
Amoen was die koning van die gode. Sy naam beteken “die verborge een’’. Hy het geen ouers gehad nie en het homself geskep. Hy is met die kop van ’n mens voorgestel. Hy het saam met sy vrou, Moet, die koningin van die gode, en hul seun, Khonsoe, die maangod, oor die stad Thebes regeer. Amoen word soms met Ra verbind en staan dan as Amoen-Ra bekend.
Bastet was die godin van beskerming. Sy het die kop van ’n kat gehad en was die dogter van Ra.
Anoebis was die god van die dood en van balseming. Sy kop was dié van ’n jakkals. Daar is geglo hy weeg die dooies se hart om te sien of hulle indie hiernamaals toegelaatmagword en lei hulle dan. Wanneer ’n farao sterf en gemummifiseeris, hetdiepriesterswatdie seremonie uitvoer,maskers vanAnoebis gedra.
Horus was die koning van die lug en die beskermer van Egipte. Hy het die kop van ’n valk gehad. Isis en Osiris was sy ouers, en hy het jare lank teen sy oom Set geveg omdat dié sy pa vermoor het. Horus het in een van die gevegte ’n oog verloor.Toe hy eindelik sy oom verslaan, het hy koning van Egipte geword. Die Egiptenare het geglo die farao is ’n lewende vergestalting van Horus.
Thoth was die god van die skryfkuns, kennis en wysheid. Sy kop was dié van ’n ibis (voël).Hy hou ’n skryfbladen rietpen vas en word beskou as die uitvinder van skrif, die skepper van toorkuns en die boodskapper van die gode.


DROOGTE EN HONGERSNOOD
Die Egiptenare het elke jaar gewag dat die Nyl in vloed is sodat hulle oeste kon aanplant, maar soms het die rivier net ’n bietjie of selfs glad nie sy oewers oorstroom nie. Dan sou daar ’n droogte wees. As hulle nie kos geberg het nie, het baie mense en diere dan omgekom.
Die farao en sy skrifgeleerdes het rekord gehou van hoeveel daar elke jaar geoes is en het van die oeste geberg ingeval daar die volgende jaar ’n droogte en hongersnood sou wees.
WATER IN DIE WOESTYN
Die slik wat die Nyl agtergelaat het, moes in die warm son genoeg water kry sodat plante daarin kon groei.
Die antieke Egiptenare het soveel water moontlik probeer opvang sodat hulle nie heeltyd water uit die rivier moes kry nie. Hulle het damme uit modderstene gebou waarin hulle water kon opgaar. ’n Stelsel besproeiingskanale is gebou wat vol geword het wanneer die rivier sy oewers oorstroom. Die sjadoef, ’n toestel wat soos ’n wipplank werk sodat water maklik uit ’n rivier of kanaal gelig kan word, word vandag nog in Egipte en Indië gebruik.
HUL NALATENSKAP
Saam met vaardighede in die landbou en boukuns het die Egiptenare sekere wiskundige beginsels nagelaat. Die piramides moes afgemeet word en ’n eenvoudige stelsel vir die betaling van belasting was nodig. Al word die wiskunde wat hulle gedoen het vandag as eenvoudig beskou, moes hulle weet hoe om die oppervlak van ’n sirkel en die omtrek van ’n silinder te bereken.
Ons kalender kom ook waarskynlik van die antieke Egiptenare. Hul jaar het met die verskyning van die Sirius-ster begin en is in 12 gelyke maande verdeel met vyf oorblywende dae.
Hulle het ook agtergekom hul berekenings is elke vier jaar met een dag uit. Vandag noem ons ’n jaar met ’n ekstra dag ’n skrikkeljaar.
Mummifisering het die ou Egiptenare baie oor die anatomie van die menslike liggaam geleer. Siektes is met natuurlike middels soos kruie en opium behandel. Die Egiptenare was ook kundig op die gebied van vervoer. Bote was ’n belangrike vervoermiddel op die Nyl. Die vroegste vorm daarvan was eenvoudige vlotte van papirusbondels wat met toue aan mekaar vasgebind is.
VINNIG FEITE
Die Egiptenare was mal oor bordspeletjies. Daar is tekeninge van farao’s wat dit speel en van hulle is saam met hul gunsteling-speletjies begrawe. B Die ou Egiptenare het tandepasta gebruik wat uit poeier van beeshoewe, as en gebrande eierdop bestaan. B Mans en vroue het ooggrimering gedra. Dit was die mode, maar het ook hul oë teen die skerp woestynson beskerm.
WARM WEBTUISTES
- Lees meer oor ou Egpite: egypt.mrdonn.org
- Kyk na dié video oor hoe die piramides waarskynlik gebou is: tinyurl.com/Hoe-die-piramides-gebou-is
- Leer hoe belangrik die Nyl was en steeds is: tinyurl.com/Die-Nyl-toe-en-nou
