JY KAN ‘N TOERIS IN JOU EIE LAND IN SA WEES. SUID-AFRIKA IS PROPVOL BESIENSWAARDIGHEDE WAT JY NOG MOET SIEN

Min dinge is so lekker soos om ’n toeris te wees

As toeris het jy die geleentheid om plekke te verken en dinge te sien waarvan jy dalk nog net gehoor en gelees het. Gelukkig is Suid-Afrika ’n bekende bestemming vir toeriste van reg oor die wêreld – én dit is goed vir ons ekonomie. Daar word voorspel tot 17 miljoen toeriste gaan ons land vanjaar besoek.

TOERIS IN JOU EIE LAND

Die goeie nuus is dat jy natuurlik ook ’n toeris in jou eie land kan wees.

In elkeen van ons provinsies is daar wonderlike besienswaardighede aangesien ons land so ’n ryk verskeidenheid bied en ook baie erfenisgebiede het.

Dink aan die wonderlike goue strande, berge en grotte, maar dan ook woestynagtige gebiede soos die Karoo, wat ’n baie spesifieke soort bekoring inhou.

In die volgende artikel gaan ons kyk na enkele wonderlike besienswaardighede wat in elkeen van ons provinsies is.

A traditional healer demonstrating Xhosa cooking

WES-KAAP

Die Wes-Kaap is die vierde grootste provinsie in Suid-Afrika en spog met pragtige ou dorpe, veral in die Boland.

Die geboue in die Kaaps-Hollandse styl word vereenselwig met wynplase en wynroetes. Die gebied in die Berg- en Breedriviervallei strek van Stellenbosch, Franschhoek en Worcester tot by Tulbagh en staan ook as die Kaapse Wynland bekend.

Die provinsie se hoofstad, Kaapstad, is gewild onder besoekers danksy Tafelberg met sy kabelkarretjie, Robbeneiland met sy belangrike geskiedenis, die pragtige strande, museums en al die lekker kuier- en eetplekke. Die Tafelberg Nasionale Park en Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin is groot trekpleisters met hul enorme verskeidenheid plante, voëls en diere.

The Cape Floristic Region is a UNESCO World Heritage Site

Daar is interessante dorpe aan die suidkus, soos Hermanus, waar jy walvisse naby die kus kan sien. Hermanus hou juis hieroor elke September ’n Walvisfees.

Waar Hermanus met walvisse vereenselwig word, is Oudtshoorn in die Klein-Karoo weer die volstruisdorp.

Die Tuinroete is ’n pragtige pad met asemrowende berge, valleie, mere en groen inheemse woude langs die Kaapse suidkus.

Whale watching in Hermanus
Spectacular sights in the Cango Caves

Oudtshoorn spog ook met die Kangogrotte, waar jy ondergronds kan gaan rondloop.

In die GrootKaroo by Beaufort-Wes doen baie toeriste by die Karoo Nasionale Park aan.

Dit sluit plekke in soos Mosselbaai, George, Knysna en Plettenbergbaai. Die roete eindig naby die Tsitsikamma Nasionale Park.

Die Weskus hou sy eie bekoring in met vissersdorpies soos Paternoster en Langebaan met sy mooi strandmeer.

Hier aan die Weskus en in die Cederbergstreek ontplof die landskap vanaf Julie tot September in plate veldblomme so ver as die oog kan sien. Baie toeriste kom in die lente om dit te aanskou.

GAUTENG

Gauteng is die kleinste provinsie in SuidAfrika, maar die ekonomiese middelpunt van die land.

Daar is vele indrukwekkende plekke om te besoek, maar een van die interessantste is die Wieg van die Mensdom. Dit is naby aan Johannesburg geleë en is ook ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.

Dit word die Wieg van die Mensdom genoem omdat hier al baie fossiele van oermense gevind is wat van miljoene jare terug dateer.

South Africa Johannesburg Muldersdrift Sterkfontein Caves
The Cradle of Humankind has an informative visitors’ centre.

Daar is verskeie groot terreine met fossiele, waarvan die Sterkfonteingrotte die bekendste is. Swartkrans en Boltplaas is ook terreine in die Wieg van die Mensdom waar fossiele gevind is.

Toeriste van reg oor die wêreld, en ook van Suid-Afrika, besoek die grotte en die fossiele in die Wieg van die Mensdom en leer daardeur meer oor die evolusionêre geskiedenis van die mens.

FOSSIELE
’n Fossiel is nie meer die regte been of blaar nie; die rots het die vorm van die dier- of plantmateriaal behou. Die rots word ’n fossiel genoem. “Mrs. Ples”, die oermensskedel wat in die Sterkfonteingrotte gevind is.

NOORD-KAAP

Die Noord-Kaap strek oor ’n gebied van ongeveer 370 000 km² en is die grootste en ylbevolkste provinsie van Suid-Afrika.

Augrabies Falls

Die hoofstad en grootste stad is Kimberley. Dit is ’n ideale provinsie om te besoek as jy op soek is na kalmte en rustigheid. 

Die Noord-Kaap is die afgelope tyd toenemend in die nuus oor die voortslepende jarelange droogte, maar was wel in 2016 as een van die top-10-toerismestreke wêreldwyd deur Rough Guide aangewys.

In Kimberley is ’n besoek aan die Groot Gat die moeite werd. Die geskiedenis daarvan is uiters interessant. In 1871 is diamantneerslae op Colesberg Kopje gevind, wat deur die De Beers-broers besit is. Dit het tot duisende fortuinsoekers en die ontstaan van die diamantmyn gelei.

Kimberley se diamantmyn se oppervlak beslaan 17 ha, is 463 m wyd en 240 m diep. Die myn was net van 1871 tot 1914 in gebruik.

Die Groot Gat word as een van die diepste uitgrawings beskou wat deur die mens gemaak is.

Ander plekke om in die Noord-Kaap te besoek, is Upington, Carnarvon, Colesberg, De Aar, Kuruman en Springbok. Suid-Afrika se koudste dorp, Sutherland, het ’n sterrewag en ’n sterrekundige waarnemingsentrum.

Wide view of The Big Hole in Kimberley

OOS-KAAP

In dié provinsie – een van vier kusprovinsies – is daar nog ’n wêrelderfenisgebied wat ’n besoek werd is.

Hole in the Wall, naby Koffiebaai, is ook ’n bekende baken in die Oos-Kaap. Die natuurlike boog in die sandsteenrots is oor die jare deur die branders uitgekalwe. Daar is ’n paar tradisionele stories oor die legende van die Hole in the Wall wat jy gerus kan navors en lees.

Die Baviaanskloof Wildernisgebied is ongeveer 120 km wes van Port Elizabeth en beslaan rondom 270 00 ha van bergagtige terrein. Dit bied heerlike grondpadroetes.

The coastal city of East London is popular with tourists thanks to its beaches.

’n Ander dorpie in die provinsie wat bekendheid verwerf het, is Qunu. Hier was oudpres. Nelson Mandela in die laerskool en het hy van sy gelukkigste jare beleef. Die Nelson Mandela-museum is nie te ver van Qunu opgerig nie, en word jaarliks deur baie toeriste in Mthatha besoek.

Hole-in-the-Wall near Coffee Bay.
East London’s Gonubie beach.

LIMPOPO

The Kruger National Park is in Limpopo.

An elephant spotted at the Kruger National Park.
Leopards spotted during a game drive in the Kruger National Park.

Dié provinsie is die noordelikste van ons land se vyf binnelandse provinsies. Die Krugerwildtuin lê aan Suid-Afrika se oosgrens met Mosambiek.

Dié wêreldbekende wildtuin is ’n natuurlewe-ervaring met net die beste in Afrika. Die oppervlak van die reservaat beslaan 19 633 km² en bied ’n ongeëwenaarde verskeidenheid van natuurlewe en argeologiese geskiedenis.

Die park is veral bekend vir die feit dat ’n mens die Groot Vyf (Afrikaolifant, renoster, buffel, luiperd en leeu) kan sien. Dit is ’n eg Afrika-ervaring vir toeriste.

DIE KRUGERWILDTUIN

Die Krugerwildtuin is in 1898 deur die president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, Paul Kruger, geproklameer.

In 1927 kon motoriste vir die eerste keer die reservaat binnekom teen ’n tarief van een pond.

In 1928 is die eerste drie “rushutte” vir toeriste gebou in Satara, Pretoriuskop en Skukuza. Vandag besoek ongeveer 950 000 toeriste jaarliks die park.

HET JY GEWEET?
Die woorde “toeris” en “toerisme” het in Afrikaans ingekom via Nederlands, wat hulle uit Engels oorgeneem het. “Tourist” is in 1772 die eerste keer gebruik, en “tourism” het in 1811 gevolg. Vandag beskryf die woordeboeke “toeris” as iemand wat toer en rondreis.

KWAZULU-NATAL

KwaZulu-Natal (KZN) is die sewende grootste provinsie met die tweede grootste bevolking.

uKhahlamba-Drakensberg Park

Die hoofstad is Pietermaritzburg, maar die grootste stad is Durban, wat spog met goue strande en ’n besige promenade.

uShaka Marine World, wat die vyfde grootste akwarium ter wêreld insluit, en die Mini Town – ’n klein weergawe van Durban – is gewoonlik op besoekers se agenda.

Inland there’s uKhahlamba-Drakensberg Park with its towering mountain peaks and San rock art, which has been declareda Unesco World Heritage Site.

Young boy admires the sea life at the uShaka Marine World.

KZN se uKhahlamba-Drakensbergpark met sy hoë pieke en San-rotstekeninge is ’n Unescowêrelderfenisterrein.

By die Koninklike Natalse Nasionale Park se Drakensbergamfiteater – kranswande wat vir 5 km strek – stort die wêreld se tweede langste waterval, die Tugelawaterval, na benede.

Dit is iets wat stappers se asem sal wegslaan. Jy kan die Groot Vyf ook in die Hluhluwe-iMfolozipark, Afrika se oudste geproklameerde wildtuin (1895), sien. En aan die kus is daar die iSimangaliso-vleilandpark, ook ’n Unesco-wêrelderfenisgebied, asook die koraalriwwe van Sodwana.

VRYSTAAT

Die Vrystaat is Suid-Afrika se derde grootste provinsie en Bloemfontein is die hoofstad

Naval Hill met sy panoramiese uitsig is in die hartjie van die stad in die Franklin-natuurreservaat geleë.

Die Gariepdam in die Oranjerivier in die suide van die provinsie is die grootste studam in die land. Dit is ’n gewilde toeristebestemming vir diegene wat langs die water wil kampeer of in chalets bly, en watersport of hengel wil beoefen.

Aan die buitewyke van die stad is die Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin met meer as 400 plantspesies.

Gariep Dam
A herd of zebra spotted in the Golden Gate Highlands National Park

In die noordooste van die provinsie is die Golden Gate-Hoogland Nasionale Park, wat ook ’n verskeidenheid soogdiere en voëls bevat. Die park kry sy naam van die merkwaardige goudkleurige sandsteenkranse.

Die Vredefortkoepel, ’n Unesco-wêrelderfenisterrein, is na die gelyknamige dorp genoem. Dis die oudste en grootste meteorietkrater op Aarde. Dis van geologiese belang. Die grootste toeristedorp naby die sentrum van die koepel is Parys.

NOORDWES

Die sesde grootste provinsie, Noordwes, is ’n sonnige plek met talle wildlewe- en kulturele bestemmings

Die provinsiale hoofstad, Mahikeng, het ’n groot rol gespeel in die Anglo-Boereoorlog toe die Boere die Britte vir 217 dae beleër het. 

The event was called the Siege of Mafeking.

Die Sun City-ontspanningsoord is een van die bekendste bestemmings vir besoekers in Noordwes. Dit sluit aktiwiteite soos dobbel, gholf, groot optredes en ’n kunsmatige strand, die Valley of Waves, in.

The Valley of Waves at Sun City Resort.

By die nabygeleë Pilanesberg Nasionale Park kan ’n mens die Groot Vyf gaan soek – die leeu, olifant, luiperd, buffel en renoster. 

Die Hartbeespoortdam oftewel Harties is veral oor naweke gewild onder besoekers van Gauteng.

Ritte om die dam, watersport, staproetes, uiteet en selfs warmlugballonritte is van die lekker dinge wat jy daar kan doen.

Die pragtige Magaliesberg-streek is ook gewild.

Rhinos in the Pilanesberg National Park.

MPUMALANGA

Hierdie provinsie in die ooste van die land is die agtste grootste van die nege provinsies. Mpumalanga beteken “plek waar die son opkom”.

Blyde River Canyon

Die provinsiale hoofstad, Mbombela, is ’n deurgangpunt vir besoekers aan die Krugerwildtuin, eSwatini (die nuwe naam vir Swaziland) en Mosambiek. 

Die Laeveld Nasionale Botaniese Tuin is net buite hierdie subtropiese stad geleë. Daar is genoeg water sodat die tuin met meer as 2 000 plantspesies regdeur die jaar groen bly.

Die Sudwalagrotte, sowat 35 km buite Mbombela, is die oudste in die wêreld en het sowat 240 miljoen jaar gelede ontstaan.

Dullstroom is een van die koudste dorpe in die land. Danksy die forel in die helder strome is dit ook ’n geliefde bestemming van kunsvlieghengelaars. Staproetes, voëlkyk en perdry is ander aktiwiteite wat jy hier kan beoefen.

In Mpumalanga is daar iets byna soos die Tuinroete – dit word die Panoramaroete genoem. Dis ’n rit deur skilderagtige tonele wat die Blyderiviercanyon, watervalle, berge en ou dorpe soos Lydenburg, Ohrigstad, Hazyview en die museumdorp Pelgrimsrus insluit.

By God’s Window kan ’n mens op ’n mooi dag tot in die Krugerwildtuin of selfs Mosambiek sien.

Tourism Council (WTTC) het reisigers en toeriste in 2018 gehelp om vir 1,5 miljoen mense in Suid-Afrika werk te skep.

Hierdie toerisme het ook R425,8 miljard bygedra tot die ekonomie. Die WTTC sê sowat 44% van die geld wat uitgegee is, kom van internasionale besoekers en 56% van plaaslike reisigers. Dit is dus goed dat Suid-Afrikaners in hul eie land reis en in ander gebiede oorbly.

A Hot Air balloon being set up