ONTDEK Ń WÊRELD VAN
KENNIS EN LEER SAAM!
LEER EN SPEEL
Artikels bied hulp met skoolwerk, take en projekte
IN PAS MET DIE LEERPLAN
Onderwerpe sluit aan by die kurrikulum
DOEN DIT SELF!
Maak dit self met video’s wat wys hoe
Artikels bied hulp met skoolwerk, take en projekte
Onderwerpe sluit aan by die kurrikulum
Maak dit self met video’s wat wys hoe
Huisgenoot Junior: Leer en Speel! is 'n unieke aanlyn platform propvol interessante, leersame inhoud vir kinders. Dis 'n skatkis van opvoedkundige, boeiende inligting vir nuuskierige jongmense wat die wêreld wil ontdek, en dit help leerders met hul skoolwerk. Die inhoud sluit aan by die skoolkurrikulum en bied hulp met huiswerk, take en mondelinge. Ontgin 'n wonderwêreld van kennis en leer meer op die lekker manier!
Die pakket bevat al die verskillende vakbondels soos Natuurwetenskappe en Tegnologie,
Geskiedenis, Geografie en Lewensvaardighede
Huisgenoot bied al jare lank leersame inhoud en opvoedkundige vermaak vir kinders van verskeie ouderdomme.
Dit help al generasies lank leerders om hul skoolwerk baas te raak en dit beter te verstaan.
Nou is hierdie kurrikulumbaseerde inhoud beskikbaar op een plek in 'n gebruikersvriendelike, digitale formaat.
Huisgenoot Junior: Leer en Speel! bied 'n verskeidenheid bondels wat bestaan uit goed nagevorsde artikels wat jou kinders met hul skoolwerk kan help. Dit is gegroepeer volgens vakke en onderwerpe en sal jou kind help om klaswerk te verstaan en om huiswerk te doen. Dit sal ook help met mondelinge, take en ander skoolprojekte.
Huisgenoot Junior: Leer en Speel! Bied ’n verskeidenheid bondels wat bestaan uit goed nagevorsde artikels wat jou kinders met hul skoolwerk kan help. Die skoolwerkpakkette bied bykomende studiehulp wat jou kind ook kan help met voorbereiding vir take en mondelinge.
Jy kan kies watter pakkette jy wil koop, waarná jy sal moet registreer en betaal om ’n persoonlike profiel te skep. Jy sal elke keer met jou intekennaam en -wagwoord toegang verkry tot die pakket wat jy gekoop het.
Die pryse van die verskillende pakkette wissel van ’n eenmalige bedrag van R299 tot R499. Jy kan self kies watter pakkette jy wil koop.
Klik op “Teken in”, heel bo aan die blad.
Vul jou e-posadres in en skep ’n wagwoord.
Klik op “Registreer”.
Jy het nou ’n profiel geskep en kan nou die pakket kies wat jy graag wil koop.
Geografie, Geskiedenis en Lewensvaardighede is beskikbaar. Natuurwetenskap en Tegnologie, asook Wiskunde sal binnekort beskikbaar wees. Klik op “Alle Pakkette” om te sien watter skoolwerkpakkette beskikbaar is en wat die inhoud behels.